My gr. 9-seun het geen idee wat hy wil doen ná skool nie. Die beroepsvoorligter sê hy ken homself nie goed genoeg om te weet waarin hy belangstel nie. Sy vakkeuses moet dus so wyd moontlik wees sodat wanneer hy wel ’n beroepskeuse maak, hy die nodige vakke het. Hy is baie goed in al sy vakke. Wat sou ’n goeie vakkeuse vir hom wees?

8557